Aksent Media

in ‘n neutedop

Omdat Aksent Media ’n eenstopdiens bied, is daar ‘n direkte skakel met die kliënt wat die produksieproses pynloos en uiters produktief maak. Aksent Media se ervaring in die media- en publikasiebedryf strek oor meer as twee dekades met grafiese ontwerp en skryfwerk vir publikasies soos Rapport, Beeld, Rooi Rose, Lééf, Taalgenoot, Vasbyt en élan om maar net ’n paar te noem. Honderde artikels – hetsy geskryf en/of grafies verpak – ’n getuigskrif op sigself. Aksent Media glo in langtermynverhoudings en het daarom uiters lojale kliënte wat nie sommer deur blink nuwe beloftes verblind word nie, maar wat ná jare se beproefde waarde vir geld lojale ondersteuners gebly het. Aksent Media spog boonop met ’n uitstekende netwerk skrywers, fotograwe, taalpraktisyns, drukkers en verspreiders. Aksent Media glo in maksimum uitset vir minimum inset van die kliënt. Omdat Aksent Media nie ’n komplekse struktuur en oormatige oorhoofse koste soos tradisionele agentskappe en ontwerpateljees het nie, is spoed, doeltreffendheid en soomloosheid waardevolle eienskappe waarvan die kliënt die volle vrag vrugte pluk. Eindelik is dit ’n vennootskap tussen Aksent Media en die kliënt waarin alle besluite die suksesvolle reis en spoggerige eindbestemming fasiliteer. ’n Wen-wen-vriendskap! Ontsluit vandag nog die waarde waarna jy al so lank op soek is en stel ons op die proef! Aksent Media spog ook met ‘n inhuis-drukafdeling wat in grootformaatdrukwerk spesialiseer – alles van optrekbaniere tot vlae, gazebo’s, magnete, plakkers en so meer.


1

Grafiese ontwerp

& bladuitleg

Aksent Media beskik oor die nodige vaardighede, kennis, ervaring en vermoë om jou idee of konsep of droom in ‘n visuele meesterstuk om te sit. Van eenvoudige ontwerpe soos handelsmerke (logo’s) tot die ontwikkeling van volledige korporatiewe identiteitshandleidings wat alle visuele elemente moontlik insluit. Van glanstydskrifte tot koerante en boeke, brosjures tot pamflette, jaarverslae, handleidings en gidse. Nie net het Aksent Media toegang tot ‘n magdom foto’s nie, maar ook tot van die land se beste fotograwe. As jy dit kan bedink, kan Aksent Media dit verewig in ink!


/ 02

Drukwerk
& promosiemateriaal

Aksent Media het oor meer as twee dekades ‘n netwerk van betroubare diensverskaffers opgebou wat ons filosofie deel van waarde vir geld, gehalte sonder gelyke, en die slaafse nakoming van spertye. Aksent Media spesialiseer in enige drukwerk: van glanstydskrifte tot brosjures; jaarverslae; koerante; boeke; promosiemateriaal soos klerasie, baniere, sambrele, vlae en gazebo’s; besigheidskaartjies; pamflette; plakkate; briefhoofde; grootformaatdrukwerk soos advertensieborde en nog vele meer. Laat ons jou kosbare rande rek met ‘n produk wat jou sak sal pas!


3

Taalversorging,
vertaling & kopieskryf

Om met woorde en taal te werk en te verseker dat ‘n boodskap korrek, akkuraat en foutloos oorgedra word én boonop die trefkrag het wat jy in die vooruitsig gestel het, sit nie in enigiemand se broek nie. Aksent Media beskik oor ‘n uitgebreide netwerk skrywers, vertalers en taalpraktisyns wat elkeen ’n woordmeester in eie reg is. Of jy op soek is na iemand wat nuwe, vars kopie kan genereer, jou skryfwerk kan skaaf of herskryf en of jy op soek is na iemand wat jou werk van Afrikaans na Engels of Engels na Afrikaans kan verwerk en vertaal – los jou woordpêrels in Aksent Media se bekwame hande!


/ 04

Publikasies

& ontwerpwerk

Nog ontwerpe

5

Artikels & profiele

Hierdie is sommige van die artikels wat in die tydskrif Lééf verskyn het.

Lees Artikels

/ 06

Tevrede kliënte


7